|
Piksteel se (demo) CD se titel is Analoog Man en die titelsnit handel
oor 'n ou wat protesteer teen onoorspronklike musiek, teen ouens wat
backtracks in plaas van 'n band gebruik, en ook teen rekenaar
(sequenced) musiek. Hier is die eerste vers en die koor:
Ek's 'n analoog
kêrel in 'n digitale wereld
en ek hou nie van daai nulle en daai eens.
Sy's 'n digitale meisie sy wil nie met my kys nie
want ek weet nie van daai nulle en daai eens.
Hier kom daai digitale man met sy midi's en sy tang.
Hy't 'n Japanese drummer, speel backtracks heelnag lank.
Maar ek bly 'n analoog man
En ek bly net doen wat ek kan.
Analoog Man.
Analoog
Man (MP3)
(Kopiereg Voorbehou)
Daar is natuurlik ander gebiede waar rekenaars ook 'n impak het op ons
lewens, soos byvoorbeeld wanneer 'n sogenaamde rekenaarfout maak dat jou
salaris minder uitbetaal as wat jy gedink het dit gaan. Dis hoe die
Analoog Man ontstaan het, 'n eenvoudige ou wat niks van rekenaars
verstaan nie (en geen begeerte het om hulle te verstaan nie) en ook nie
van hulle hou nie. Dit beteken natuurlik nie dat hy stupid is nie.
Inteendeel.
|