|
Volle Naam: Jeandre
Stander
Instrument: Kitaar
Jeandre kom oorspronklik van Pretoria. Woon nou al 'n paar jaar in
Nelspruit. Hy versamel en speel kitare, bou graag model vliegtuie en
hou
van meisies en lekker eet. Veral meisies. Check die oe uit. Dis van E:
E staan vir eksotiese meisies en min slaap, met min klere.
Modelvliegies se gom ruik ook nogal skerp.
Voor Piksteel het Jeandre sy eie garage band gehad, waar hy en sy maats
tekere kon gaan. Hoop hy weet waarvoor hy hom inlaat om saam met
Piksteel te speel. Sy ma se sy is baie bly hy't nou 'n ander plek gekry
om geraas te maak. Sy pa se hy's bly om twee, partykeer drie aande 'n
week van hom ontslae te wees.
Sy musiek invloede is Mark Knopfler van Dire Straits, Slash van Guns
and Roses, Metallica se James Hetfield en Kurk Hammet, Jimmy Hendrix en
Joe Satriani.
Hy drink nie brandewyn en
Coke nie.
|