|
Volle Naam: Hennie Coetzee
Instrumente: Kitaar, bekfluit, vocals.
Hennie kom oorspronklik van die Transvaal. Pretoria, Johannesburg,
Potties, Morgenzon, Settlers, you name it. Hy was ook 'n jaar in
Windhoek en woon nou in Nelspruit. Hy lees graag en speel muurbal,
tennis en gholf. Nie meer so baie gholf nie, hy is verban van die
Nelspruit gholfbaan, maar dis 'n ander storie.
Hy het nie voor Piksteel vir ander bands gespeel nie maar was lid van
die Pretoria Universiteitskoor en het lank ge-solo. Dank die Vader hy
het nooit midi's of backtracks gebruik nie. Meestal was die musiek in
die folk genre. Hennie het meeste van die liedjies wat Piksteel doen
geskryf.
Sy musiek invloede is Bob Dylan, Shawn Phillips, Pink Floyd en Jethro
Tull.
Hy drink brandewyn en
Coke.
|