|
Volle Naam: Hannes Duvenage
Instrument: (As jy nie die snare getel het nie) Bas kitaar, vocals
Hannes kom oorspronklik van Nelspruit en woon nog al die tyd daar. Sy groot
stokperdjie was sy motorfiets, 'n KZ750EE Kawasaki, wat hy omgebou het. Gatvol
geraak vir rook en kook, toe skaf hy vir hom 'n branew Z750 Kawasaki aan. Sy
ander liefde is steak braai. Hy woon graag bike rallies by, so as jy ook 'n
motorfiets entoesias is het jy hom dalk by 'n rally raakgeloop of miskien sal jy
nog. Hy het vroeer karate gedoen, nogal ver gevorder. Daarom double Hannes as
Piksteel se body guard/bouncer.
Vorige bands waarvoor Hannes gespeel het is die Rob Ferreira Kadetorkes en Skool
Rock Band (Wolves and Roses), die Lighthouse Youth Band, Tell Me en nou speel hy
vir Piksteel.
Hannes skryf ook. Hy het Babelaas geskryf en saam met Hennie Analoog man geskryf.
Sy musikale invloede kom van Live,
Flea, The Shadows, Creedence Clearwater Revival, Nirvana, Red Hot Chilly
Peppers, Jethro Tull en Dire Straits.
Hy drink brandewyn en
Coke.
|